# Die Afrika Mayibuye Movement het die dood van 27 mense by kroeë in twee afsonderlike voorvalle in Gauteng en die Wes-Kaap oor die naweek veroordeel. Die beweging se woordvoerder, Sydney Baloyi, sê die Grondwet waarborg elke burger se reg op lewe, en die voortdurende geweld teen vroue en gemeenskappe is onaanvaarbaar. Hy sê arrestasies en ondersoeke is noodsaaklik, maar doen ‘n beroep op volgehoue polisiëring en misdaadvoorkomingstrategieë om openbare veiligheid te verbeter. Baloyi sê sy beweging weier om ‘n werklikheid te aanvaar waarin gesinne gedwing word om hul geliefdes te begrawe terwyl hele woonbuurte in vrees leef.
Afrika Mayibuye vra vir dringende optrede teen geweldsmisdaad in Suid-Afrika