# Sokker: Suid-Afrika se Onder 20-span het hulle COSAFA Onder 20-kampioenskapstitel vir mans behou danksy ‘n welverdiende oorwinning van 2-1 oor die gasheer, Mosambiek. Amajita se deurbraak was in die 27ste minuut toe Oarabile Booysen die eerste doel aangeteken het. Mosambiek het die telling egter twee minute later gelykop gemaak met Martinho Começar se doel. In die tweede helfte het Suid-Afrika ʼn strafdoel gewen en die toernooi se punte-koning, Steven Mendes, het die oorwinning beklink. Amajita het ook vir die Onder 20-Afrikabeker-toernooi gekwalifiseer.
Sokker: Suid-Afrika klop Mosambiek en behou COSAFA Onder 20-kampioenskapstitel