# Die afgedankte adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, verskyn na verwagting vandag weer voor die Madlanga-kommissie. Getuienisleiers het egter ʼn aansoek ingedien dat dele van sy getuienis in camera aangehoor word. Die aansoek hou verband met sekere WhatsApp-boodskappe en dokumente waarby Khan betrek word. Hy is gedagvaar om op 1 September te verskyn, maar hy het nie opgedaag nie. Sy prokureurs het aan die kommissie gesê hy herstel na ʼn beweerde sluipmoordpoging op 28 Junie. Die kommissie het opdrag gegee dat Khan ʼn onafhanklike mediese assessering ondergaan om te bepaal of hy kan getuig.
Feroz Khan keer na verwagting vandag terug na die Madlanga-kommissie