# Krieket: Die ervare Protea-kolwer David Miller verkies die nommer vyf-kolfposisie, maar sal speel waar hy benodig word. Hy het net nege lopies aangeteken in die eerste eendagwedstryd teen Australië in Durban, maar gister in die tweede kragmeting op die Wanderers ‘n blitsige 142 van slegs 93 balle aangeteken en Suid-Afrika gehelp om sy sesde agtereenvolgende reeks-oorwinning oor Australië te beklink. Dit was die 37-jarige Miller se beste eendag-telling ooit. Hy sê hy moes bloot op homself vertrou nadat hy ‘n tyd lank nie in dié formaat gespeel het nie.
Krieket: Miller hou daarvan om van die nommer vyf-kolfposisie ’n bydrae te lewer