# Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê as agt swaar gewapende aanvallers met AK-47s ‘n taverne kan binnestorm, 18 mense kan vermoor en 15 wond, beteken dit georganiseerde gewapende misdaad is buite beheer in dele van die provinsie. Woordvoerder Jaco Mulder verwelkom die eerste inhegtenisneming in Tzaneen, Limpopo, maar sê misdaadintelligensie moes die netwerk vroeër […]
# CapeNature vra inwoners en besoekers om nooit pelsrobbe te nader, aan hulle te raak of te voer nie, en onmiddellik op te tree indien hulle gebyt of aan speeksel blootgestel word. Woordvoerder Luke Folb sê minstens 176 mense is deur robbe gebyt sedert hondsdolheid einde verlede jaar langs die kusl bespeur is. Hy sê […]
# Twee reuse-pandas het by die Atlanta-dieretuin in Georgia, Amerika, aangekom as deel van ‘n nuwe bewarings- en navorsingsooreenkoms met China. Hulle is in die Chengdu-navorsingsbasis gebore. Die dieretuin het voorheen 25-jaar lank reuse-pandas gehuisves voordat sy ooreenkoms met China in 2024 verstryk het. Sewe welpies is tydens daardie vennootskap in Atlanta gebore voordat hulle […]
# Microsoft se mede-stigter, Bill Gates, sê dit kan moeiliker wees om lande te laat ooreenkom oor wêreldwye reëls vir kunsmatige intelligensie as wat dit tydens die Koue Oorlog was om oor kernwapens te onderhandel. Hy sê kerntegnologie word hoofsaaklik deur regerings beheer, maar kunsmatige intelligensie word deur privaat maatskappye én regerings ontwikkel. Gates sê […]
# Rugby: Die Wallabies het een posisie opgeskuif tot sesde op die wêreldranglys na gister se oorwinning oor die eerste-geplaaste Suid-Afrika in Perth. Australië sou Engeland ook verbygesteek het as hulle met 15 punte gewen het, maar vier geelkaarte in die laaste elf minute het hulle voorsprong van 42-17 laat krimp voor hulle 42-38 gewen […]
# Alliance of Citizens for Change veroordeel die naweek se dodelike massaskietvoorvalle in Gauteng en die Wes-Kaap. Agtien mense is dood toe agt mans Saterdagaand losgebrand het op besoekers aan ‘n taverne in Wedela aan die Gautengse Wes-Rand. Tien mense is gisteroggend by ‘n taverne in Lwandle, Kaapstad, dood. Die alliansie se woordvoerder, Masizole Mnqasela, […]
# Die Madlanga-kommissie het opdrag gegee dat strafregtelike aanklagte aanhangig gemaak moet word teen die afgedankte generaal-majoor van die polisie se Misdaad-intelligensie-afdeling. Feroz Khan het versuim om gehoor te gee aan ‘n dagvaarding om vandag voor die kommissie te verskyn. Hy is die tweede getuie wat moontlike strafregtelik vervolg kan word na die sakeman Suliman […]