Skip to content

Madlanga-kommissie vra strafregtelike aanklagte teen Khan [KLANK]

# Die Madlanga-kommissie het opdrag gegee dat strafregtelike aanklagte aanhangig gemaak moet word teen die afgedankte generaal-majoor van die polisie se Misdaad-intelligensie-afdeling. Feroz Khan het versuim om gehoor te gee aan ‘n dagvaarding om vandag voor die kommissie te verskyn. Hy is die tweede getuie wat moontlike strafregtelik vervolg kan word na die sakeman Suliman Carrim van Noordwes. Voorsitter Mbuyiseli Madlanga het Khan se versoek om verdere uitstel van die hand gewys, maar wel toegestem tot ‘n verhoor agter geslote deure, wat volgende Dinsdag kan plaasvind.

ENG-MadlangaOnKhanCriminal