Nuus 18:00
BULLETIN 28 September 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Thabo Mbeki-stigting publiseer ‘n dokument oor die verhoudings tussen die VSA en Suid-Afrika
# SpaceX lanseer Starship in ‘n poging om sy eerste wentelbaan om die aarde te bereik
# En sokker, die Ierse afrigter, Heimir Hallgrimsson, is trots op sy spelers se standpunt in die omstrede wedstryd teen Israel
# Die Thabo Mbeki-stigting het ‘n verslag gepubliseer wat die verhoudings tussen Suid-Afrika en die Verenigde State ondersoek, met die fokus op die toekoms van Afrikaners en rasse-regstelling. Die artikel van 123 bladsye bespreek die VSA se steun vir Afrikaner-organisasies wat groter kulturele en politieke outonomie soek, en die potensiële impak op Suid-Afrika se post-apartheid-skikking. Dit vergelyk ook Suid-Afrika se regstellingsbeleid met die VSA se reaksies op rasse-ongelykheid. Die stigting waarsku die staking van pogings om ongelykheid van die verlede aan te spreek, kan rasseverdelings en maatskaplike onbestendigheid verdiep.
# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê wetstoepassing in townships en landelike gebiede moet verbeter om misdaad te voorkom. Dit volg op die onlangse skietvoorvalle in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal, waarin meer as 40 mense dood is. Die SAKP sê die harteloosheid van die moorde vra gesamentlike, nasionale optrede teen geweldsmisdaad. Hy sê wetstoepassingsowerhede moet die moordenaars opspoor sodat hulle met die volle mag van die reg te doen kan kry.
# Met die wêreld wat Internasionale Hondsdolheidsdag onder die tema “Sterker saam” herdenk, het die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, veeartse en dieregesondheidtegnici wat hondsdolheid bestry geprys. In 2025/26 het spanne 132-duisend-458 honde, katte, beeste en perde teen ‘n koste van meer as 1,2-miljoen-rand teen hondsdolheid ingeënt as deel van breër siektevoorkoming. Meyer moedig eienaars aan om vermeende gevalle aan te meld en sê elke inenting bring die provinsie nader aan die uitwissing van menslike hondsdolheid wat deur interaksie met diere veroorsaak word:
# SpaceX het sy reuse-Starship-vuurpyl gelanseer in ‘n eerste poging om ‘n wentelbaan om die Aarde te bereik. Die onbemande tuig het tydens sy 14de toetsvlug vanaf die maatskappy se Starbase-fasiliteit in Texas opgestyg. Die sending, wat byna tien uur sal duur, het ten doel om Starship ongeveer ses keer om die Aarde te laat wentel voor dit na verwagting in die Stille Oseaan sal neerplons. Die ruimtetuig het ook 26 Starlink-satelliete aan boord om in ‘n wentelbaan te probeer plaas. Al 13 vorige toetsvlugte van Starship het suborbitale roetes gevolg, met hierdie die eerste poging om ’n volle wentelbaan te bereik.
# Sokker: Ierland se afrigter, Heimir Hallgrimsson, is trots op sy span se houding tydens hul oorwinning van 3-0 oor Israel in hul Nasiesliga-wedstryd in Hongarye. Die spelers het nie hande geskud nie. Die Iere, met swart moubande, het hul koppe laat sak tydens Israel se volkslied. Hulle beheerliggaam sê dit was ter erkenning van almal wat dood is in die konflik tussen Israel en Gaza. Hallgrimsson sê hulle het baie geleer:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-40-sent teen die dollar, 18-rand-64-sent teen die euro en 21-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-361-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-132-dollar-79-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 103-dollar-45-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….