# Krieket: Môre se laaste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Australië in Potchefstroom is ‘n blote formaliteit nadat die Proteas die eerste twee wedstryde gewen en daarmee hul sesde agtereenvolgende eendagreeks teen hul aartsvyand beklink het. Die gashere het die besoekers in Durban met 67 lopies geklop voor ‘n oorwinning van 32 lopies op die Wanderers. […]
# Business Leadership South Africa sê die regering moet sy ekonomiese hervormings en beleidsverbintenisse op koers hou. Die organisasie ondersteun Eskom se plan om voor te berei vir ‘n meer mededingende elektrisiteitsmark, met meer privaat ondernemings wat krag verskaf. Dit wil ook vordering hê met die skeiding van die nutsmaatskappy se transmissiebesigheid en die vermindering […]
# Die DA wil hê die Inligtingsreguleerder moet ‘n moontlike oortreding van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting ondersoek. Dit volg na ‘n datalek by Gauteng se toepassing vir die e-paniekknoppie. Michael Waters van die party sê inwoners se persoonlike inligting is moontlik blootgestel. Waters wil antwoorde hê oor hoe die voorval plaasgevind […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê die tydelike voorsorgmaatreël wat sardynvangste beperk, sal vandeesweek hersien word. Die maatreël, wat ingestel is ná berigte oor sardyne wat vrek langs die noordelike Wildekus, bly tot Vrydag van krag. Wetenskaplikes sal die jongste verslae, laboratoriumbevindinge en visvangdata oorweeg voordat hulle aanbevelings maak. Die departement […]
# Die voormalige minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ontken dat sy die militêre kontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu vir twee-miljoen-rand gevra het om haar man tot geneesheer-generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te laat bevorder. Die staat beweer sy was van plan om die geld te gebruik om die destydse hoof van die SANW, generaal Solly […]
# Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, het die betaling van September-salarisse aan alle werknemers van die Zululand-distriksmunisipaliteit verwelkom. Dit volg na ‘n ingryping deur sy departement. Die LUR het die munisipaliteit opdrag gegee het om die saak dringend op te los. Siboniso Mngadi van die departement sê munisipaliteite […]
# Die Gautengse Vereniging van Drankhandelaars vra nouer samewerking tussen die polisie, gemeenskappe en ondernemings om massaskietvoorvalle te voorkom. Na aanleiding van die dood van 18 mense in Wedela aan die Wes-Rand, vra die vereniging die owerhede om inligting te deel, sigbare polisiëring te verhoog en pogings te koördineer om georganiseerde misdaad in hoërisikogebiede te […]
# Die Minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die vordering verwelkom wat deur die VN-Algemene Vergadering gemaak is te midde van die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan. Die raamwerk is tydens die 2001 Wêreldkonferensie teen Rassisme in Durban ontwikkel. Tydens vandag se vergadering is vordering in die […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het ‘n dringende aansoek deur die Mpumalanga-taxibaas Oupa Sindane, om te verhoed dat die Madlanga-kommissie sy getuienis aanhoor, van die rol geskrap. Sindane het WhatsApp-boodskappe betwis, terwyl sy regsverteenwoordiger om uitstel aansoek gedoen het met verwysing na ‘n mediese sertifikaat en kulturele afsondering. Die voorsitter van die kommissie, regter Mbuyiseli […]