Skip to content

Voorsorgmaatreël vir beperking van sardynvangste word hersien

# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê die tydelike voorsorgmaatreël wat sardynvangste beperk, sal vandeesweek hersien word. Die maatreël, wat ingestel is ná berigte oor sardyne wat vrek langs die noordelike Wildekus, bly tot Vrydag van krag. Wetenskaplikes sal die jongste verslae, laboratoriumbevindinge en visvangdata oorweeg voordat hulle aanbevelings maak. Die departement sê geen verdere vrektes is sedert 10 September aangemeld nie, maar monitering duur voort terwyl wetenskaplikes die moontlike rol van die sardyn-herpesvirus ondersoek.