# Professor Sue Harrison, ‘n emeritus-professor van die Universiteit van Kaapstad, is verkies tot Internasionale Genoot van die Royal Academy of Engineering ter erkenning van haar bydrae tot ingenieursnavorsing, innovasie en kapasiteitsontwikkeling. Harrison, tans adjunk-visekanselier vir Navorsing en Innovasie aan die Universiteit van Queensland in Australië, was 30 jaar lank werksaam by Universiteit van Kaapstad, waar sy ‘n toonaangewende navorsingsprogram in bio-proses-ingenieurswese gevestig het en toesig gehou het oor meer as 155 nagraadse studente. Sy is een van 75 ingenieurs en tegnologie-kundiges wat vanjaar tot die Akademie verkies is.
Professor aan die Universiteit van Kaapstad vereer vir bydrae tot ingenieursnavorsing en innovasie