Skip to content

Sokker: Infantino sal verhoogde befondsing vir FIFA se 211 lede steun

# Sokker: FIFA-president Gianni Infantino sê hy is bereid om aansienlike verhogings in befondsing vir die wêreldbeheerliggaam se 211 lede te ondersteun. Dit volg na ‘n gesamentlike versoek deur UEFA en CONCACAF vir minstens 164-miljoen-rand per vereniging uit FIFA se kontantreserwes vir die 2027–2030-siklus. Infantino is vroeër gekritiseer oor sy “FIFA Forward Enterprise“-voorstel, waarvolgens aandele in die Wêreldbeker en ander kompetisies aan private beleggers verkoop sou word. Die voorstel is intussen laat vaar. Die FIFA-raad sal die nuwe befondsingsvoorstel volgende maand oorweeg.