# Die vakverbond SAFTU sê hy ondersteun die doelwitte om arbeidsmigrasie te reguleer, werksgeleenthede te beskerm en te keer dat werkgewers trekarbeiders uitbuit. Die Wysigingswetsontwerp op Indiensnemingsdienste wat vir openbare kommentaar goedgekeur is, stel boetes van tot een-miljoen-rand voor vir nienakoming, vereis dat buitelandse burgers voor indiensneming getoets word, en stel indiensnemingskwotas voor. SAFTU-woordvoerder Asive Dyani […]
# President Donald Trump van Amerika ontken dat hy aangebied het om sommige sanksies teen Iran op te hef en fondse vry te stel in ruil vir toegewings oor kernkrag. Amerikaanse en Iranse amptenare het gister afsonderlik met bemiddelaars beraadslaag. Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê Teheran is heeltemal bereid om die […]
# Die vakverbond COSATU in Gauteng vra dringende optrede in die Wes-Rand teen onwettige vuurwapens, georganiseerde misdaad en geweld wat met onwettige mynbedrywighede verband hou. Dit volg nadat 18 mense Saterdagaand by ‘n taverne in Wedela, Carletonville, doodgeskiet is. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. COSATU se provinsiale voorsitter, Amos Monyela, vra beter polisie-intelligensie […]
# Die Stad Tshwane se koalisieregering het Sarah Mabotsa bedank vir haar diens aan inwoners. Die GOOD-party het haar lidmaatskap opgehef weens skendings van sy grondwet, en gevra dat sy as raadslid verwyder word. Dit beteken haar termyn as die metro se burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling word ook beëindig. Burgemeester Nasiphi Moya se woordvoerder, Samkelo […]
# Die vakbondfederasie COSATU is bekommerd oor bewerings dat die Nasionale Bedingingsraad vir die Padvrag- en Logistiekbedryf 2,59-miljard-rand aan werkersvoordele misbruik het. Die raad word daarvan beskuldig dat hy geld wat vir werkersvoordele ingesamel is, as bates in sy eie boeke aangeteken het. Die raad het die bewerings ontken. Nonzuzo Dlamini van COSATU sê dit […]
# Solidariteit moedig skole en skoolbeheerliggame aan om kommentaar te lewer op die voorgestelde regulasies vir die Nasionale Onderwysbestuur-inligtingstelsel. Dit is deel van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette se regulasies. Die publiek kan tot 10 Oktober kommentaar lewer. Johnell Prinsloo van Solidariteit sê die konsepregulasies vergroot die administratiewe las op skole wat die insameling, verifiëring, […]
# Die polisie het verlede week 14-duisend-274 verdagtes in hegtenis geneem vir ernstige en ander misdade tydens landwye verskerpte Shanela-operasies. Nog een-duisend-854 gesoekte verdagtes is in hegtenis geneem. Altesaam 369 ongelisensieerde drankverkoopspunte is gesluit, met 216 daarvan in KwaZulu-Natal. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê 148 onwettige vuurwapens en een-duisend-706 rondtes ammunisie is tydens die operasies […]