Skip to content

Staat vra tronkstraf vir veroordeelde pedofiel Iain Wares

# ‘n Maatskaplike werker vir die staat, Phumzile Sithole, sê die veroordeelde pedofiel Iain Wares moet regstreekse tronkstraf opgelê word. Sy het getuig tydens voorvonnisverrigtinge in die Wynbergse Landdroshof in Kaapstad. Sithole sê die 87-jarige Wares, ‘n voormalige onderwyser in Skotland en Suid-Afrika, toon geen berou nie, ontken sy misdade en gee ander die skuld vir sy skuldigbevinding. Sithole beklemtoon die langtermyn-trauma aan kwesbare kinders, dade wat met voorbedagte rade gepleeg is en die skending van vertroue deur ‘n onderwyser. Slotbetoë word op 23 Oktober aangehoor.