Skip to content

Twee nuwe kwalifikasies ingestel vir staatsamptenare

# Die Nasionale Regeringskool het twee nuwe kwalifikasies vir staatsamptenare ingestel in die vorm van Staatsdiens-administrateur vlak vyf en Algemene Bestuurder Staatsdiens vlak ses. Die kwalifikasies met 120 krediete behoort binne 12 maande afgehandel te wees. Die skool se waarnemende hoof, Phindile Mkwanazi, sê die twee nuwe beroepskwalifikasies is daarop gemik om gestruktureerde riglyne aan staatsamptenare te verskaf om die kennis, praktiese vaardighede en werksplek-bevoegdheid te ontwikkel wat nodig is om doeltreffend te werk.