# Die visekanselier van die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap, Sakhela Buhlungu, het bedank, maar die universiteit se raad sê hy kan nie onmiddellik uittree nie. Buhlungu het gister bedank net voordat hy sy verdediging sou voorlê in ‘n dissiplinêre verhoor waar hy teregstaan op aanklagte van growwe wangedrag, verset teen gesag en […]
# Die laaste Amerikaanse magte verlaat Irak, wat meer as twee dekades van Amerikaanse militêre betrokkenheid in die land beëindig. Die stap sal na verwagting môre afgehandel wees en volg op ‘n ooreenkoms tussen Washington en Bagdad wat die Amerikaans-geleide koalisie se sending teen die Islamitiese Staat beëindig. Iran en groepe verbonde aan dié land […]
# Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê Suid-Afrika se makro-ekonomiese vooruitsigte verbeter ondanks wêreldwye onsekerheid. Hy het tydens ‘n Mapungubwe Instituut-forum gewaarsku die wêreld het te kampe met ‘n beleidskrisis, aangevuur deur ekonomiese, omgewings-, geopolitieke en maatskaplike uitdagings. Kganyago sê inflasie sal na verwagting volgende jaar beduidend verlangsaam, met die bank wat mik […]
# Die regering vra Suid-Afrikaners om bloed te skenk aangesien die bloedvoorraad onder druk verkeer. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens benodig drie-duisend-500 eenhede per dag om voorraad van vyf dae vir elke bloedgroep te handhaaf. Die diens beklemtoon bloed kan nie vervaardig word nie, en met ‘n beperkte rakleeftyd is gereelde skenkings noodsaaklik om hospitale van […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare is ontsteld oor die Spesiale Ondersoekeenheid se onthullings van meer as twee-miljard-rand se onreëlmatige kontrakte in die Departement van Verdediging. Die SOE het onder meer ‘n kontrak van 217-miljoen-rand uitgewys vir die verkryging van ‘n Alpha-2 Covid-19-teenmiddel van Kuba. Claude Naicker van die vakbond sê onreëlmatige uitgawes van dié omvang […]
# Rugby: Springbok-kaptein Siya Kolisi het by die Stormers aangesluit na sy terugkeer van internasionale diens en kan oorweeg word vir Vrydag se Verenigde Rugby-kampioenskapswedstryd teen Edinburgh in Skotland. Hy keer terug nadat hy in 2021 by die Haaie aangesluit en die Franse span Racing 92 verteenwoordig het voor hy in 2024 na Durban teruggekeer […]
# Gholf: Vier mans is op die kortlys vir inhuldiging in die Wêreldheldesaal volgende jaar. Hulle is Justin Rose van Engeland, Adam Scott van Australië en die Amerikaners Cory Pavin en Jim Furyk. Rose het die Amerikaanse Ope in 2013 gewen, Scott het die Meesterstitel in dieselfde jaar verower, Pavin het in 1995 die Amerikaanse […]