Skip to content

Fort Hare se visekanselier bedank te midde van dissiplinêre verhoor

# Die visekanselier van die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap, Sakhela Buhlungu, het bedank, maar die universiteit se raad sê hy kan nie onmiddellik uittree nie. Buhlungu het gister bedank net voordat hy sy verdediging sou voorlê in ‘n dissiplinêre verhoor waar hy teregstaan op aanklagte van growwe wangedrag, verset teen gesag en optrede wat die universiteit se naam skade sou berokken. Die aanklagte sluit bewerings in dat hy twee uitvoerende direkteure onregmatig aangestel het. Die raad sê Buhlungu se kontrak vereis ‘n kennisgewingstydperk en die dissiplinêre proses kan steeds voortgaan, en sê sy bedanking los nie die bewerings op nie.