# Gholf: Vier mans is op die kortlys vir inhuldiging in die Wêreldheldesaal volgende jaar. Hulle is Justin Rose van Engeland, Adam Scott van Australië en die Amerikaners Cory Pavin en Jim Furyk. Rose het die Amerikaanse Ope in 2013 gewen, Scott het die Meesterstitel in dieselfde jaar verower, Pavin het in 1995 die Amerikaanse Ope gewen en Furyk dieselfde toernooi in 2003. ‘n Keurkomitee van 24 lede sal die finale keuring in Desember aankondig. Die inhuldigingseremonie word in Julie volgende jaar op St Andrews in Skotland gehou.
Gholf: Vier mans op die kortlys vir inhuldiging in die Wêreldheldesaal in 2027