# ‘n Onafhanklike navorsingsinstituut sonder winsbejag, Africa Asia Dialogues, waarsku oor die gebrek aan ‘n gevoel van dringendheid by Suid-Afrikaanse leiers om aandag te gee aan massaskietvoorvalle. Dit volg nadat 28 mense die naweek in Gauteng en die Wes-Kaap doodgeskiet is. Agtien mense is dood by ‘n taverne in Carletonville en tien in Lwandle. ‘n Senior navorser van die dinkskrum, Thembisa Fakude, sê die omvang en patroon van die aanvalle dui op meer as net gewone misdaad. Hy sê burgers word geterroriseer en die geweld kan die land onbestendig maak.
Navorsingsinstituut vra dringende optrede na massaskietery