Skip to content

Reserwebank gee swakker produksie skuld vir daling in ekonomie in tweede kwartaal

# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê die ekonomie se afname in die tweede kwartaal was grootliks te wyte aan swakker produksie. Die mynbou-, vervaardigings- en handelsektore het die swaarste deurgeloop onder hoër koste, swakker vraag en logistieke beperkings. Die mynbousektor het met drie persent gekrimp, met ‘n afname in produksie in sewe van die 12 mineraalgroepe, insluitend platinumgroepmetale, mangaan, goud en ystererts. Die bank sê die vervaardigingsektor het met 1,8- persent gekrimp – die derde agtereenvolgende kwartaallikse afname – terwyl die landbousektor wel verligting gebring het.