Skip to content

Soektog duur voort na 85-jarige volstruisboer wat in vloedwater meegesleur is

# ‘n Uitgebreide soektog is steeds aan die gang na ‘n 85-jarige bekende in volstruiskringe, Saag Jonker van Oudtshoorn. Hy is Sondag in sy Toyota Land Cruiser meegesleur toe hy probeer het om ‘n laagwaterbrug oor die vol Olifantsrivier oor te steek. Polisieduikers het ‘n tweede soektog van stapel gestuur waaraan nooddienste, hommeltuig-operateurs, ‘n helikopter, boere en vrywilligers ook deelneem. Dit is gister hervat, met die fokus op die rivier stroomaf van die brug. Die pad by die Rooiheuwel-oorgang is gesluit terwyl die soektog voortduur.