Skip to content

Krieket: Proteas se span verander vir laaste eendagwedstryd teen Australië

# Krieket: ‘n Heeltemal nuwe Protea-span word verwag vir môre se laaste eendagwedstryd teen Australië in Potchefstroom nadat Suid-Afrika reeds die reeds beklink het deur die eerste twee wedstryde te wen. Die afrigter Shukri Conrad sê hulle mik steeds daarna om skoonskip te maak in die reeks, maar wil ook die groep se diepte toets. Hy sê talle boulers en kolwers kom deur Krieket Suid-Afrika se stelsel en sake lyk tans baie gesond. Die eendagreeks sal gevolg word deur drie toetse waarvan die eerste een volgende Vrydag in Durban begin.