Skip to content

Rugby: Dallaglio gaan sy Wêreldbekermedalje van 2003 verkoop

# Rugby: Die voormalige Engelse kaptein, Lawrence Dallaglio, gaan sy wennersmedalje van 2003 se Wêreldbekertoernooi opveil weens voortdurende finansiële probleme. Die 54-jarige is verlede jaar bankrot verklaar en het ’n versameling aandenkings uit sy loopbaan te koop aangebied. Dallaglio het gespeel toe Engeland Australië in 2003 20-17 verslaan het in die eindstryd in Sydney. Daar word verwag die medalje sal tussen 1,1- en 1,7-miljoen-rand oplewer. Die veiling, wat ook sy medalje as naaswenner van 2007 se Wêreldbekertoernooi en ander toekennings insluit, sal na verwagting sowat 3,9-miljoen-rand inbring.