# Die Britse ontdekkingsreisiger, sir Ranulph Fiennes, is al byna twee jaar laas in die openbaar gesien, nadat hy vroeër bekend gemaak het hy is met Parkinsons gediagnoseer. Die 82-jarige woon tans in ‘n versorgingsoord in Engeland, maar familielede het aan die BBC gesê hulle vind dit baie moeilik omdat hulle hom langer as ‘n jaar nie kon besoek nie. Die polisie sê hulle is tevrede daar word behoorlik na hom omgesien. Fiennes was die eerste persoon wat albei pole oor land bereik het en word as een van die wêreld se belangrikste lewende ontdekkingsreisigers beskou.
Sir Ranulph Fiennes al twee jaar uit die openbare oog