Skip to content

Die VSA verbied invoere van verskeie Kanadese goedere ter waarde van bykans R16,4-miljard

# Die VSA het Kanadese invoere ter waarde van bykans 16,4-miljard-rand, insluitend alkoholiese drank, suiwelprodukte en motorfietse, verbied. Dit dien as vergelding vir Kanada se instelling van tariewe op ‘n reeks Amerikaanse goedere vroeër vandeesmaand, ná ‘n mislukking in handelsamesprekings. Ongeveer 93-persent van alle Kanadese drankuitvoere in 2025 was na die VSA. President Donald Trump sê hy verwag Ottawa sal toegee in die handelsgeskil, terwyl Kanadese amptenare sê hulle sal nie ‘n ooreenkoms onderteken wat nadelig is nie.