Skip to content

Tennis: Sabalenka in eerste toernooi sedert sy nommer-een op ranglys verloor het

# Tennis: Aryna Sabalenka van Belarus sê sy is uitgerus voor haar eerste toernooi sedert sy vroeër vandeesmaand die eerste plek op die wêreldranglys aan Elena Rybakina van Kazakstan moes afstaan. Dit was ná die Amerikaanse Ope, waar sy ook in die eindstryd teen Rybakina verloor het. Sabalenka was vir 99 weke nommer-een op die ranglys, maar die viermalige Grand Slam-kampioen sal die seisoen vir die eerste keer sedert 2022 sonder ‘n groot titel afsluit. Albei spelers neem van vandag af aan die China Ope in Beijing deel.