Skip to content

Amerikaanse ambassadeur Bozell weer deur DIRCO ontbied oor “ondiplomatiese gedrag”

# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het Amerika se ambassadeur, Leo Brent Bozell, ʼn derde keer in nege maande ontbied om sogenaamde “ondiplomatiese gedrag” te verduidelik. Dit volg na ʼn artikel waarin hy president Cyril Ramaphosa en sy regering kritiseer omdat hulle vyf versoeke van president Donald Trump se administrasie ignoreer. Dit sluit in die veroordeling van die ‘Kill the Boer!’-dreunsang, voorkeur aan landelike veiligheid, die skrapping van onteiening sonder vergoeding, dat Amerikaanse maatskappye van swart bemagtiging uitgesluit word, en dat Pretoria nie inmeng met Trump se program wat vlugtelingstatus aan onder andere wit Afrikaners bied nie.