Skip to content

DA-leier sê Ramaphosa se vierpuntplan om geslagsgeweld te bekamp moet volgens instelling beoordeel word

# Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê president Cyril Ramaphosa kondig sedert 2019 noodoptrede teen geslagsgeweld en vrouemoord aan, maar niks verander nie. Die president het gisteraand die nasie toegespreek en vier maatreëls aangekondig om die regering se reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord te versterk. Dit sluit in ʼn oudit van sake waarby vroue en kinders betrokke is, en ʼn opdrag dat munisipaliteite gevare wat vroue se veiligheid bedreig moet identifiseer. Hill-Lewis sê hierdie maatreëls moet deur die instelling daarvan beoordeel word, nie net deur Ramaphosa se leë verkiesingsbeloftes nie.