# Die Stad Tshwane sê krag by die Lynnwood-, Mooikloof- en Willows-substasies is herstel ná ‘n ontploffing by die Waltloo-substasie, wat gister tot ‘n kragonderbreking by die Njala-toevoerstasie gelei het. Njala lewer ‘n groot deel van die metro se elektrisiteit, en die onderbreking het minstens elf primêre substasies geraak. Die burgemeester van Tshwane se woordvoerder, Samkelo Mgobozi, sê dis in hierdie stadium nie seker hoe lank dit sal duur om kragtoevoer na Phumulani, Koedoespoort en Pyramid te herstel nie:
Kragtoevoer na drie Tshwane-substasies herstel ná ontploffing by Waltloo-substasie [KLANK]
ENG MogoboziONExplosion