# Rugby: Die Haaie se verdedigingsafrigter, Joey Mongalo, sê Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met die verdedigende kampioen, Leinster, in Durban is ‘n uitstekende geleentheid om hulself teen die bestes te toets. Die span het sy veldtog afgeskop deur Ospreys 41-24 te klop, terwyl die Ierse span teen die Leeus verloor het. Mongalo sê hulle kon […]
# Die Motorbedryf-werkswinkelvereniging sê die toenemende teenwoordigheid van tradisionele en hibriede inprop-voertuie wys dat die tegnologiese oorgang reeds goed aan die gang is. Suid-Afrika se gebruikte-voertuigkleinhandelmark is ʼn steunpilaar van die ekonomie en ondersteun meer as 270-duisend werke by sowat 23-duisend ondernemings. Die vereniging se woordvoerder, Pieter Niemand, sê voorbereiding vir die gebruikte-voertuigmark in elektriese […]
# Die Forum for South Africa het berigte verwelkom dat die Nasionale Vervolgingsgesag oorweeg om die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, te vervolg. Dit hou verband met ‘n tender van 2,5-miljoen-rand wat aan ‘n konsultant toegeken is tydens Ntshavheni se ampstermyn as munisipale bestuurder van die Ba-Phalaborwa Plaaslike Munisipaliteit in Limpopo. Die leier van […]
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering, sê die Kabinet se goedkeuring van die Hersiene Witskrif oor Plaaslike Regering is ʼn mylpaal in die voortgesette hervorming en vernuwing van die land se plaaslikeregering-stelsel. Die hersiening se doel is om die stelsel te moderniseer en te versterk om seker te maak munisipaliteite is beter toegerus om […]
# Die GOOD-party vra dringende optrede teen twee lede van die Universiteit van Kaapstad se raad, David Ansara en advokaat Mark Oppenheimer, wat verlede week die White Cross Project-konferensie in Washington in die VSA toegespreek het. Die konferensie is gevolg deur die plasing van sowat drie-duisend wit kruise op die National Mall in Washington, wat […]
# Die vakverbond COSATU verwelkom president Cyril Ramaphosa se aankondiging van verdere ingryping om geslagsgeweld en vrouemoord te takel. Die president het ʼn multidissiplinêre nasionale strategie uiteengesit wat ʼn gekoördineerde feitesending en verslag oor agterstande wat hierdie saak betref, insluit. COSATU-woordvoerder Matthew Parks sê die Mediumtermyn-begroting-beleidsverklaring moet die polisie, die regbank en Nasionale Vervolgingsgesag voorsien […]