Skip to content

Rugby: Haaie se verdedigingsafrigter sê hulle is gereed om hulself teen Leinster te toets

# Rugby: Die Haaie se verdedigingsafrigter, Joey Mongalo, sê Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met die verdedigende kampioen, Leinster, in Durban is ‘n uitstekende geleentheid om hulself teen die bestes te toets. Die span het sy veldtog afgeskop deur Ospreys 41-24 te klop, terwyl die Ierse span teen die Leeus verloor het. Mongalo sê hulle kon vier swak oomblikke in die wedstryd teen Ospreys identifiseer eerder as ‘n algemene verdedigingsprobleem, wat hulle nie teen Leinster kan bekostig nie. Hy erken die Haaie se agterlyn gaan ‘n moeilike tyd beleef.