# Action Society sê vroue het nie nodig dat president Cyril Ramaphosa weer die regering se tekortkominge in die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord uitlig nie, maar hy moet hy eerder verduidelik waarom sy regering toegelaat het dat dit voortduur. Ramaphosa het ‘n reeks maatreëls aangekondig, soos ‘n oudit van onopgeloste sake en planne om […]
# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Pitso Mosimane, sê hulle sal Eritreë nie ligtelik opneem in vanaand se tweede Afrikabeker-kwalifiseerder in Kaïro, Egipte, nie. Suid-Afrika het sy veldtog die afgelope naweek afgeskop deur Guineë 2-1 te klop, terwyl Eritreë met 1-elk gelykop gespeel het teen Kenia in die ander groep D-wedstryd. Mosimane het die Eritrese […]
# Krieket: Die Proteas se draaibouler, Keshav Maharaj, glo die huidige reeks teen Australië is ‘n gulde geleentheid om die grondslag te lê vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi. Suid-Afrika sal vanmiddag in die derde en laaste eendagwedstryd in Potchefstroom probeer om skoonskip te maak voor die drie toetse. Maharaj, wat tot dusver ses paaltjies in […]
# Die maatskaplike sekerheidsagentskap SASSA hersien die betaaldatums vir maatskaplike toelaes in November omdat dit met die plaaslike regeringsverkiesing oorvleuel. Begunstigdes sou oorspronklik op 3 November uitbetaal word, gevolg deur die ongeskiktheidstoelaag en die kinderondersteuningstoelaag die volgende twee dae. Die verkiesing vind op 4 November plaas. SASSA sê hy praat met belanghebbendes oor nuwe betaaldatums. […]
# Meta se uitvoerende hoof, Mark Zuckerberg, sê die raamwerk vir kunsmatige intelligensie is ‘n beduidende stap vorentoe. Die Amerikaanse president, Donald Trump, en vooraanstaande tegnologieleiers het in die Withuis ‘n stel vrywillige veiligheidstandaarde onderteken terwyl die druk vir strenger beheermaatreëls toeneem. Dit is nou die ondernemings se verantwoordelikheid om te verseker hul tegnologie is […]
# Die Stad Tshwane se Nooddienste-departement bly op hoë gereedheidsgrondslag terwyl swaar reën, skadelike wind en hewige donderstorms tot verdere oorstromings kan lei. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ʼn geel vlak 2-waarskuwing uitgereik vir ongure weer wat van vanmiddag tot middernag verwag word. Die departement se woordvoerder, Nana Radebe-Kgiba, sê noodpersoneel het die afgelope paar dae […]
# Die Stad Kaapstad veroordeel die Landdroshof in Athlone se besluit om borgtog toe te staan aan drie mans wat met AK-47-gewere en meer as 350 rondes ammunisie betrap is. Lede van die Wetstoepassings-bevorderingsprogram het hulle vroeër vanjaar in Nyanga vasgetrek. Hulle het vier gewere, ʼn pistool, ammunisie, verskeie voertuig-nommerplate en verdagte elektriese toerusting by […]