Skip to content

Krieket: Maharaj sê die reeks teen Australië is ‘n goeie grondslag om op voort te bou vir volgende jaar se Wêreldbeker

# Krieket: Die Proteas se draaibouler, Keshav Maharaj, glo die huidige reeks teen Australië is ‘n gulde geleentheid om die grondslag te lê vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi. Suid-Afrika sal vanmiddag in die derde en laaste eendagwedstryd in Potchefstroom probeer om skoonskip te maak voor die drie toetse. Maharaj, wat tot dusver ses paaltjies in die reeks geneem het, sê hulle fokus op die proses terwyl hulle voortgaan om die span se diepte te versterk en op sekere fasette te verbeter in die aanloop tot die wêreldtoernooi.