# Die Amerikaanse deelstaat Tennessee gaan vandag die eerste keer in langer as 200 jaar ‘n vrou teregstel. Die 50-jarige Christa Pike is op 18-jarige ouderdom skuldig bevind aan die moord op haar 19-jarige klasmaat, Colleen Slemmer, in 1995. Haar regsverteenwoordigers het versagting gevra weens ernstige trauma tydens haar kinderjare en psigiatriese probleme, maar goewerneur […]
# Die Kaapse Onafhanklikheids-voorspraakgroep veroordeel die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, se opmerking dat diegene wat dink Suid-Afrika is nie goed vir hulle nie, moet die land verlaat. Die organisasie sê dis afskuwelik en skynheilig. Woordvoerder Phil Craig sê burgers wat betoog teen misdaad, rasse-diskriminasie en slagspreuke wat moord voorstaan, lewer ‘n burgerlike diens […]
# ActionSA sê president Cyril Ramaphosa se toespraak oor geslagsgeweld is te laat en erken nie die voortdurende krisis en verswakte strafregstelsel wat vroue en kinders kwesbaar laat nie. Herman Mashaba van die party sê hoewel hy die oudit van sake verwelkom, is polisie-speurders oorlaai en kan nie onopgeloste sake hanteer nie. Mashaba sê die […]
# Tennis: Gewese ster-spelers gaan Saterdag in Mallorca, Spanje, deelneem aan die Rafa Nadal-akademie se Slam-toernooi. Die akademie van die 22-malige Grand Slam-kampioen vier sy tiende bestaansjaar en Nadal het sy gewese afrigter en landgenoot, Carlos Moyá, nog ‘n Spanjaard, David Ferrer, en die Fransman Richard Gasquet genooi om by sy span aan te sluit. […]
# Die Republikeins-beheerde Amerikaanse Senaat het ‘n voorstel van die Demokrate verwerp wat die Departement van Buitelandse Sake sou verplig om inligting te verskaf oor geweld en beweerde menseregtevergrype aan die besette Wesoewer in die Midde-Ooste. Dit sluit besonderhede in oor nege Amerikaners wat dood is, asook Israel se hantering van Palestynse kinders in aanhouding. […]
# Uitleweringsverrigtinge begin vandag in die Johannesburgse Landdroshof teen die Zimbabwies-Britse voortvlugtige, Ndodana Tshuma. Die Britse owerhede wil die 45-jarige laat teregstaan op aanklagte van die moord op sy vrou, Nothabo, en hul dogters, Natalie en Nala, in Brittanje in Julie. Tshuma het na Suid-Afrika gevlug kort voor die liggame ontdek is en is later […]