Skip to content

Tennis: Gewese sterspelers vier saam met Nadal sy akademie se tiende bestaansjaar

# Tennis: Gewese ster-spelers gaan Saterdag in Mallorca, Spanje, deelneem aan die Rafa Nadal-akademie se Slam-toernooi. Die akademie van die 22-malige Grand Slam-kampioen vier sy tiende bestaansjaar en Nadal het sy gewese afrigter en landgenoot, Carlos Moyá, nog ‘n Spanjaard, David Ferrer, en die Fransman Richard Gasquet genooi om by sy span aan te sluit. Hulle kom te staan teen Span Murray van die Skot Andy Murray, die Italianer Fabio Fognini, die Rus Marat Safin en die Oostenryker Dominic Thiem.