# Suid-Afrika en Frankryk versterk hul ekonomiese samewerking en fokus op infrastruktuur, industrialisering en inklusiewe groei. Die minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, sê Frankryk is Suid-Afrika se grootste regstreekse buitelandse belegger. Meer as 480 Franse maatskappye in die land bied werk aan meer as 65-duisend mense. Dertig Franse maatskappye het beleggingsverbintenisse van […]
# Vier mense is dood in Russiese hommeltuig- en missielaanvalle op Kiëf en omstreke wat energie-infrastruktuur beskadig het. Oekraïense amptenare sê twee vroue en ‘n 14-jarige kind is dood, terwyl nog ‘n persoon dood is toe ‘n pakhuis in Kiëf getref is. Rusland sê hy het kragsentrales geteiken, asook ander aanlegte wat Oekraïne se militêre […]
# Die Madlanga-kommissie het die taxi-eienaar van Mpumalanga, Joe “Ferrari” Sibanyoni, uitgevra oor sy opmerkings aan president Cyril Ramaphosa en die minister van Minerale en Petroleumhulpbronne, Gwede Mantashe, oor die stryd rondom ‘n 30-persent-aandeel in PUTCO se busbedrywighede. Hy het na bewering gesê indien hul van inmenging by PUTCO hoor, moet hul weet dit kom […]
# TLU SA sê die meesterplan vir landbou en landbou-verwerking moet op ‘n sterker ekonomiese grondslag gebou word voor die inwerkingstelling versnel word. Die landbou-organisasie wil ook duidelikheid hê oor hoe hervorming by die plan ingesluit sal word sonder om die volhoubaarheid van die landbousektor te ondermyn. Die hoofbestuurder, Bennie van Zyl, sê boerdery moet […]
# ‘n Haai van 3,5-meter wat in ‘n kanaal in die Suid-Koreaanse hawestad Busan vasgekeer is, het binne twee weke sowat 600-duisend besoekers gelok. Die koperhaai met die bynaam Bukangi is op 18 September die eerste keer in die Noordhawe opgemerk. Owerhede het gister probeer om hom terug see toe te lei met vyf vaartuie […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudings sê die meeste Suid-Afrikaners verwerp bewerings van ‘n wit volksmoord. ‘n Opname in Maart toon 72-persent van deelnemers stem nie met die bewering saam nie, teenoor 19-persent wat saamstem. Die opname het ook bevind 70-persent van deelnemers wil nie hê die regering moet rassekategorieë uit die apartheidsjare gebruik om te […]
# COSATU veroordeel wat hy noem ‘n media-geleentheid wat die Amerikaanse ambassade gebruik het om ‘n bespotting te maak van Suid-Afrika se grondwetlike soewereniteit. Die vakbondfederasie se woordvoerder, Matthew Parks, sê vryheid van spraak en van die media word in Suid-Afrika se Grondwet beskerm, en behoort nie deur diplomatieke sendings misbruik te word om vals […]
# Die taxi-eienaar van Mpumalanga, Joe “Ferrari” Sibanyoni, het voor die Madlanga-kommissie getuig verwysings na inmenging in die busonderneming PUTCO was oor wettige sakeonderhandelings. Gesprekke oor die Kwaggafontein-deurgang was oor bedryfs- en kontraktuele aangeleenthede en nie misdadige optrede nie. Sibanyoni het aan kommissaris Sandile Khumalo en getuienisleier Matthew Chaskalson gesê dit was daarop gemik om […]