# Die Nasionale Jeugwerkloosheidsbeweging is bekommerd oor kwartaallikse werkstatistiek wat toon dat die aantal werkende mense gedaal het van 10,43 miljoen in Maart tot 10,42 miljoen in Junie – ‘n afname van 14-duisend. Woordvoerder Lindokuhle Yende sê elke verlore werksgeleentheid raak inkomste en voortbestaan. Hy is bekommerd dat jongmense struikelblokke ondervind soos beperkte ervaring en […]
# Die Stad Johannesburg skop môre af met Vervoermaand, en herdenk 21 jaar sedert die Vervoer-lekgotla in 2005. Die veldtog, met die tema “Samewerking deur openbare privaat vennootskappe”, stel vervoer-dienslewering ten toon tydens Suid-Afrika se 32 jaar van demokrasie. Woordvoerder Virgil James sê die fokus val op die vermindering van verkeersopeenhopings, padherstelwerk, padveiligheid en fiets- […]
# Iran se Revolusionêre Wag het Amerikaanse kiesers aangemoedig om president Donald Trump se bondgenote in die Kongres te verwerp, terwyl die laaste Amerikaanse magte Irak na meer as twintig jaar verlaat. Die Wag het Amerikaners in ‘n brief gevra om hul land se steun vir Israel en militêre ingryping in die buiteland teen te […]
# Tennis: Die tweede-gekeurde Kanadees, Felix Auger-Aliassime, se Chinese Ope is vinnig beëindig toe hy in die eerste ronde in Beijing uitgeskakel is. Hy het binne ‘n uur en 11 minute in skoon stelle verloor teen die ongekeurde Rus Karen Khachanov, wat hom vroeër die maand ook in die tweede ronde van die Amerikaanse Ope […]
# COSATU het die Nasionale Bedingingsraad vir die Padvrag- en Logistieke Bedryf se uitspraak verwelkom dat werkers se geld veilig is. In nuusberigte is beweer die raad het werkers se fondse vir siekte-, vakansie- en verlofbetalings in sy finansiële state as sy eie bates voorgestel. COSATU se woordvoerder, Zanele Sabela, sê die raad het verduidelik […]
# Forum for South Africa sê president Ramaphosa se toespraak oor geslagsgeweld bied min nuuts, hoewel die groep die verbintenisse verwelkom. Leier Tebogo Mashilompane sê Suid-Afrikaners het al voorheen beloftes gehoor terwyl vroue steeds sterf. Hy vra besliste optrede om reg-skuiwergate te vul, wetstoepassing te versterk en te verseker dat oortreders vervolg word. Mashilompane dring […]
# Die Johannesburgse Landdroshof het die Zimbabwies-Britse voortvlugtige, Ndodana Tshuma, se pleit en vonnisoplegging tot 21 Oktober uitgestel. Hy word aangekla van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, en onwettige toegang tot Suid-Afrika. Die staat en verdediging het tyd nodig om te onderhandel en landdros Sindisiwe Malindi sê verskille in die skuldigbevinding en […]
# ‘n Flydubai-vlug vanaf Dubai na Tel Aviv is herlei na Saoedi-Arabië nadat die vlieëniers blykbaar handgemeen geraak het. Die vlug het noodseine uitgestuur, waaronder een wat op moontlike onregmatige inmenging aan boord dui, voordat dit veilig in Tabuk geland het. Die vliegtuig het binne sowat 30 sekondes skielik bykans vier-duisend-200 meter in hoogte verloor. […]