Skip to content

Tennis: Tweede-gekeurde man uitgeskakel in eerste ronde van Chinese Ope

# Tennis: Die tweede-gekeurde Kanadees, Felix Auger-Aliassime, se Chinese Ope is vinnig beëindig toe hy in die eerste ronde in Beijing uitgeskakel is. Hy het binne ‘n uur en 11 minute in skoon stelle verloor teen die ongekeurde Rus Karen Khachanov, wat hom vroeër die maand ook in die tweede ronde van die Amerikaanse Ope geklop het. Die topgekeurde Duitser, Alexander Zverev, speel eerste teen die Brit Cameron Norrie. Die twee topspelers onder die vroue, Elena Rybakina van Kazakstan en Aryna Sabalenka van Belarus, speel Vrydag hulle eerste wedstryde.