# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie in KwaZulu-Natal verwelkom die Onderwysdepartement se aankondiging van 90-duisend-en-57 onderwysersposte in die provinsie wat toegeken en befonds is. Nomarashiya Caluza van SADOU sê om poste te sny sou rampspoedig wees en die besluit dui op die wegbeweeg van besparingsmaatreëls soos begrotingsbesnoeiings en die bevriesing van vakante poste. Caluza is egter […]
# ‘n Nuwe internasionale navorsingsprojek gebruik onbemande vaartuie om koolstofdioksied in die Suidelike Oseaan te bestudeer. Die COCO2-projek bring navorsers van Suid-Afrika, Australië en die Verenigde State bymekaar. Vier windaangedrewe vaartuie, so groot soos ‘n kajak, sal elk meer as 22-duisend-kilometer aflê en data rondom Antarktika insamel. Navorsers sê die Suidelike Oseaan absorbeer ongeveer 40-persent […]
# Die Centre for Development and Enterprise sê Johannesburg se City Power het te kampe met infrastruktuur wat agteruitgaan, swak finansies en leemtes in leierskap. Die uitvoerende direkteur, Ann Bernstein, sê die nutsmaatskappy benodig bekwame bestuur, groter beheer oor inkomste, verbeterde skuldinvordering en ondersteuning van die privaat sektor. Bernstein sê City Power het tussen Julie […]
# Die adjunkminister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli, sê die Presidensiële Inisiatief vir Jeugindiensneming het tussen April en Junie 139-duisend-693 verdienstelike geleenthede vir jongmense verseker. Hiervan is 106-duisend deur SA Youth en 33-duisend-600 deur die Employment Services of South Africa-stelsel gefasiliteer. Die program help jongmense om van onderwys na die arbeidsmark te beweeg deur middel […]
# Die Instituut vir die Future of Work bied sy vyfde jaarlikse Future of Work-dialoog wat na die toekoms van die digitale ekonomie kyk, in Pretoria aan. Senior direkteur Tseliso Mohlomi sê die inisiatief deur die Tshwane Universiteit van Tegnologie wil gegradueerdes se geskiktheid vir werk verbeter. Hy het aan die SABC die implementering van […]
# Build One South Africa sê inwoners van Kaapstad moet beskerm word voor nog ‘n massaskietvoorval plaasvind. Dit volg na die dood van 16 mense in drie afsonderlike skietvoorvalle oor die naweek in Lwandle, Khayelitsha en Joe Slovopark. Roger Solomons van BOSA doen ‘n beroep op sterker sigbare polisiëring en meer hulpbronne vir die polisie, […]
# Die 2026 Eskom-ekspo vir Jong Wetenskaplikes se Internasionale Wetenskapskou is tans in Boksburg aan die gang. Meer as 300 Suid-Afrikaanse leerders en 24 internasionale deelnemers uit 11 lande bied oplossings aan vir werklike uitdagings met robotika, ingenieurswese en datawetenskap. Leerders kan universiteitsbeurse wen en deelneem aan internasionale wetenskaptentoonstellings. Eskom se Expo-direkteur, Parthy Chetty, het […]