# Build One South Africa sê inwoners van Kaapstad moet beskerm word voor nog ‘n massaskietvoorval plaasvind. Dit volg na die dood van 16 mense in drie afsonderlike skietvoorvalle oor die naweek in Lwandle, Khayelitsha en Joe Slovopark. Roger Solomons van BOSA doen ‘n beroep op sterker sigbare polisiëring en meer hulpbronne vir die polisie, insluitend optrede teen onwettige vuurwapens. Solomons sê die owerhede moet daarop fokus om geweldsmisdade te voorkom, in plaas van om eers op te tree as mense reeds dood is.
BOSA sê Kaapstad-gemeenskappe het beskerming nodig, nie beloftes nie