# Die Instituut vir die Future of Work bied sy vyfde jaarlikse Future of Work-dialoog wat na die toekoms van die digitale ekonomie kyk, in Pretoria aan. Senior direkteur Tseliso Mohlomi sê die inisiatief deur die Tshwane Universiteit van Tegnologie wil gegradueerdes se geskiktheid vir werk verbeter. Hy het aan die SABC die implementering van strategieë, die herontwerp van kurrikulums en die blootstelling van studente aan werkplektegnologieë beklemtoon, terwyl hy geleenthede ondersoek wat deur kunsmatige intelligensie en innovering geskep word:
Vyfde Future of Work-dialoog fokus op KI en digitale toekoms [KLANK]
ENG-MohlomiOnInnovation