# ‘n Nuwe internasionale navorsingsprojek gebruik onbemande vaartuie om koolstofdioksied in die Suidelike Oseaan te bestudeer. Die COCO2-projek bring navorsers van Suid-Afrika, Australië en die Verenigde State bymekaar. Vier windaangedrewe vaartuie, so groot soos ‘n kajak, sal elk meer as 22-duisend-kilometer aflê en data rondom Antarktika insamel. Navorsers sê die Suidelike Oseaan absorbeer ongeveer 40-persent van die wêreld se oseane se koolstofdioksiedopname, en 75-persent van die hitte van oortollige atmosferiese koolstofdioksied. Navorsers sê dit help om ‘n groot klimaatdata-gaping te vernou.
Suid-Afrika sluit aan by internasionale projek oor koolstofnavorsing in Suidelike Oseaan