# Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand vra inwoners om nie moontlike tekens van hartsiekte te ignoreer nie. Hartsiektes raak alle ouderdomsgroepe al word simptome, soos ongemak in die bors, kortasemheid, ongewone moegheid, duiseligheid en hartkloppings, soms verkeerdelik aan stres of oud-word toegeskryf. Dr. Ashley Chin, ‘n kardioloog by Groote Schuur-hospitaal, moedig die publiek […]
# Die Madlanga-kommissie sal vir die volgende twee weke sittings agter geslote deure hou om getuienis aan te hoor wat nie in die openbaar bekendgemaak kan word nie weens hangende ondersoeke en vertroulike materiaal. Openbare sittings sal op 9 November hervat, ná die plaaslike verkiesing op 4 November. Jeremy Michaels van die kommissie sê ‘n […]
# Suid-Afrika se staatsbeheerde batebestuurder, die Openbare Beleggingskorporasie, het ‘n massiewe toename van 20-persent in bates onder sy bestuur aangeteken. Die OBK het aangekondig sy portefeulje het in die afgelope boekjaar tot ‘n rekordhoogte van meer as 3,6-duisend-miljard-rand gestyg. Die batebestuurder skryf die geskiedkundige groei toe aan die florerende plaaslike aandelemarkte en positiewe beleggersvertroue onder […]
# Die Borsbeeldingvereniging van Suid-Afrika sê tydens die maand van bewusmaking oor borskanker, vroue moet nie toelaat dat vrees of mites ‘n diagnose van borskanker vertraag nie. Die organisasie sê verkeerde inligting oor mammogramme, biopsies en behandeling kan vroue daarvan weerhou om hulle te laat ondersoek. Carine Kabanga van die vereniging sê mammogramme is veilig […]
# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê kunsmatige intelligensie kan Suid-Afrika se arbeidsmark hervorm sonder om grootskaalse afleggings te veroorsaak. Die aanvanklike uitwerking sal eerder werwing vertraag, wat dit moeiliker sal maak vir jongmense om hul eerste aanstelling te kry. Hoewel kunsmatige intelligensie die vraag in sekere professionele sektore kan laat afneem, sê die Buro […]
# Die Suid-Afrikaanse fosfaatprodusent Kropz sê sy Nanophos-produk kan boere ‘n goedkoper en meer volhoubare alternatief bied vir tradisionele bemestingstowwe. Volgens die maatskappy is Nanophos ‘n natuurlike fosfaatproduk wat kalsium en silika bevat, wat grondgesondheid kan verbeter en plantegroei kan ondersteun. Kropz beplan om produksie by sy Elandsfontein-fasiliteit in die Wes-Kaap tot 180-duisend ton per […]
# WhatsApp het nuwe beheerfunksies bekendgestel wat ouers groter beheer gee oor hoe tieners die boodskapplatform gebruik en kommer oor privaatheid-skending uit die weg ruim. Die nuwe, opsionele hulpmiddels stel ouers in staat om verskeie privaatheids-instellings op tieners se rekening te bestuur, insluitend wie hul profielfoto kan sien, wie hulle by groepe kan voeg en […]
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie in KwaZulu-Natal verwelkom die Onderwysdepartement se aankondiging van 90-duisend-en-57 onderwysersposte in die provinsie wat toegeken en befonds is. Nomarashiya Caluza van SADOU sê om poste te sny sou rampspoedig wees en die besluit dui op die wegbeweeg van besparingsmaatreëls soos begrotingsbesnoeiings en die bevriesing van vakante poste. Caluza is egter […]