# WhatsApp het nuwe beheerfunksies bekendgestel wat ouers groter beheer gee oor hoe tieners die boodskapplatform gebruik en kommer oor privaatheid-skending uit die weg ruim. Die nuwe, opsionele hulpmiddels stel ouers in staat om verskeie privaatheids-instellings op tieners se rekening te bestuur, insluitend wie hul profielfoto kan sien, wie hulle by groepe kan voeg en hoe hulle WhatsApp-kanale en statusfunksies gebruik. Ouers kan ook kies watter status-bywerkings hul tiener kan sien en wie die tiener se eie bywerkings kan sien. Die ouer beheer die funksies met ‘n PIN.
WhatsApp stel nuwe ouerbeheerfunksies vir tienerrekeninge bekend