Skip to content

Buro waarsku KI kan dit vir jong Suid-Afrikaners moeiliker maak om werk te kry

# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê kunsmatige intelligensie kan Suid-Afrika se arbeidsmark hervorm sonder om grootskaalse afleggings te veroorsaak. Die aanvanklike uitwerking sal eerder werwing vertraag, wat dit moeiliker sal maak vir jongmense om hul eerste aanstelling te kry. Hoewel kunsmatige intelligensie die vraag in sekere professionele sektore kan laat afneem, sê die Buro dit sal produktiwiteit verhoog en nuwe geleenthede ontsluit. Om die verskuiwing te hanteer, doen die buro ‘n beroep op Suid-Afrika om aggressief op vaardigheidsontwikkeling en opleiding te fokus ten einde jong werksoekers te help om die formele arbeidsmag te betree.