Skip to content

Uitleweringsproses begin teen man wat in Brittanje van gesinsmoord beskuldig word

# Uitleweringsverrigtinge begin vandag in die Johannesburgse Landdroshof teen die Zimbabwies-Britse voortvlugtige, Ndodana Tshuma. Die Britse owerhede wil die 45-jarige laat teregstaan op aanklagte van die moord op sy vrou, Nothabo, en hul dogters, Natalie en Nala, in Brittanje in Julie. Tshuma het na Suid-Afrika gevlug kort voor die liggame ontdek is en is later in Johannesburg aangekeer. Hy het reeds skuld beken op ‘n plaaslike aanklag van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.