# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Pitso Mosimane, sê hulle sal Eritreë nie ligtelik opneem in vanaand se tweede Afrikabeker-kwalifiseerder in Kaïro, Egipte, nie. Suid-Afrika het sy veldtog die afgelope naweek afgeskop deur Guineë 2-1 te klop, terwyl Eritreë met 1-elk gelykop gespeel het teen Kenia in die ander groep D-wedstryd. Mosimane het die Eritrese doelskieter Ali Suleiman, wat in Egipte gebaseer is, geïdentifiseer as die speler om dop te hou. Hy sê hy is vinnig en dodelik op vaste fasette, en kan vanuit enige hoek doele aanteken.
Sokker: Mosimane is lugtig vir Eritreë voor hulle Afrikabeker-kwalifiseerder