# Die Truth and Solidarity-beweging sê Suid-Afrika se waterkrisis mag nooit ‘n geleentheid vir politieke partye word om in die aanloop tot ‘n verkiesing verontwaardiging te skep, maar die mense te vergeet sodra die stemme getel is nie. Dit kom nadat die Parlement se portefeuljekomitee oor Water en Sanitasie verlede week sy landwye openbare verhore […]
# Tshwane-distrik se polisiekommissaris, Samuel Thine, sê multidissiplinêre operasies soos Operasie Shanela bly belangrik om misdaadaktiwiteit in die metro te ontwrig. Altesaam 354 verdagtes is die naweek in Mabopane en Loate tydens multidissiplinêre operasies vir verskeie misdade vasgetrek. Die polisiewoordvoerder Johan van Dyk sê die misdade sluit in moord, poging tot moord, verkragting en gewapende […]
# Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê sy verkiesingsmanifes plaas mense eerste, veral werkers en armes wat die grootste deel van die samelewing uitmaak. Die party gaan onafhanklik aan die munisipale verkiesing in November deelneem. Die manifes plaas klem op betroubare openbare dienste, ordentlike werk, grond en behuising, voedselsekerheid, veiliger gemeenskappe, die stryd teen tenderkorrupsie en groter […]
# ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê Suid-Afrika moet ophou om funksies uit te kontrakteer wat die regering self kan verrig. Hy wil weet waarom munisipaliteite tussengangers betaal om mense aan te stel om vullis te verwyder, openbare geriewe skoon te maak, infrastruktuur te onderhou en veiligheid te voorsien. ActionSA se woordvoerder, Omogolo Taunyane, sê […]
# Die DA het weer gevra dat gereelde, geloofwaardige en omvattende leefstyloudits in die Polisiediens uitgevoer word. In die vorige boekjaar is 72 gevalle vir leefstyloudits verwys. Ses is vir verdere ondersoek verwys terwyl 30 nog aan die gang is. Woordvoerder Lisa Schickerling sê desondanks is geen enkele lid nog aan tugoptrede onderwerp nie en […]
# Die parlementêre ad hoc-komitee wat bewerings van politieke inmengery, korrupsie en misdadigheid in die strafregstelsel ondersoek, oorweeg vandag sy voorlopige verslag. Die komitee het maande lank na getuienis geluister ná bewerings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Sedert getuienis in Maart afgehandel is, het die komitee daaraan gewerk om bewyse wat voorgelê is in […]