# Krieket: Australië het ʼn sterk groep van 16 spelers aangekondig vir volgende maand se reeks van drie toetse in Suid-Afrika. Kaptein Pat Cummins, Josh Hazlewood, Mitchell Starc en Nathan Lyon sal die boul-aanval lei, terwyl Steve Smith die kolwers lei. Die kolwer Marnus Labuschagne, wat tans nie op dreef is nie, het sy plek […]
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, verwelkom 100 munisipaliteite se aanvaarding van die Kode vir Etiese Leierskap in Plaaslike Regering. Dis daarop gemik om ʼn plaaslike regering te bou wat verbind is tot etiese standaarde, dienslewering en goeie bestuur. Hlabisa se woordvoerder, Pearl Maseko-Binqose, sê die aanvaarding weerspieël ʼn toenemende […]
# Die Stad Kaapstad nooi rolprentmakers uit om vir ondersteuning aansoek te doen. Voorleggings kan van vandag ingedien word vir projekte wat in die 2026/27-boekjaar voltooi sal wees. Die rolprentfonds bied finansiële ondersteuning of munisipale dienste vir projekte wat in Kaapstad vervaardig word. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê hulle wil plaaslike […]
# Die Johannesburg Metropolisie het motoriste aangeraai om uiters versigtig te wees te midde van aanhoudende swaar reën reg deur die metro, nat paaie en ernstige oorstromings. Sommige dele van die stad is steeds oorstroom met verskeie voertuie wat in die water vasgevang is. Woordvoerder Xolani Fihla sê oorstromings is aangemeld in Siemertweg en Curreystraat […]
# Die ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, verwerp bewerings dat sy opmerkings oor G-O-P-huise en die kindertoelae neerkom op stem-kopery of emosionele afpersing. Hy het die naweek tydens ‘n deur-tot-deur veldtog in Vryheidspark, Johannesburg, gesê G-O-P-huise en kindertoelae is die regstreekse gevolg van ANC-beleid en dat kiesers die ANC erkenning moet gee en dankbaar […]
# ʼn Multidissiplinêre Operasie Shanela in Eersterust en Silverton in Tshwane het die naweek tot die inhegtenisneming van 297 verdagtes gelei. Hulle misdade sluit in moord, poging tot moord, gewapende roof, aanranding en voertuigkaping. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê 32 onwettige immigrante is ook aangekeer en aan immigrasiebeamptes oorhandig:
# Die landbou-organisasie TLU SA is tevrede met die minister van Landbou, Willie Aucamp, se verbintenis tot die hervorming van die sektor. Die regering en die privaat sektor het saamgewerk om meer as 23-miljoen dosisse bek-en-klouseer-entstof in te voer, met elke kommersiële melkkoei in Suid-Afrika wat reeds ‘n eerste dosis entstof ontvang het. Bennie van […]