# Israelse lugaanvalle op ‘n dorp in die suide van Libanon het minstens 11 lewens geëis, insluitend twee kinders. Die aanvalle het ‘n drieverdieping-woonstelgebou en ‘n burgerlike voertuig in Kfar Rumman getref. Die Israelse Weermag sê die aanvalle was vergelding vir hommeltuigaanvalle deur die gewapende groep Hisbollah op sy soldate in besette gebiede. Die Libanese […]
# Motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê Ferrari het wedyweringsreëls nodig. Die Brit was in die vierde wegspring-posisie in die Italiaanse Grand Prix, maar sy spanmaat, Charles Leclerc van Monaco, het in die eerste ronde teen hom gebots. Leclerc moes later onttrek. Hamilton was sesde en is nou 76 punte agter die kampioenskaps-voorloper, […]
# Business Leadership South Africa sê sakevertroue bly ver agter, hoewel talle tekens daarop dui hervormings bou stukrag op. Sakevertroue het in die derde kwartaal tot 38-persent gedaal, met 62-persent van deelnemers wat ontevrede is met die heersende sake-omgewing. Uitvoerende hoof Busisiwe Mavuso sê die belangrikste positiewe ontwikkeling is die Nasionale Tesourie wat voorstelle van […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Beweeglikheid verwelkom die mylpaal-vredesooreenkoms wat die taxiverenigings CATA en CODETA onderteken het ná weke van dodelike taxigeweld. Die ooreenkoms volg op noodlottige aanvalle wat verband hou met ‘n geskil oor die winsgewende Somerset-Wes-roete. Woordvoerder Muneera Allie sê die departement verwag van alle partye om hul verpligtinge na te kom. Sy […]
# Gholf: Die verdedigende kampioen, Thriston Lawrence, het die Europese Meesterstoernooi in Switserland gewen en by die Spaanse meester Seve Ballesteros aangesluit as die enigste spelers om die toernooi drie keer te wen. Die Suid-Afrikaner het Paul Casey op die vierde uitspeel-putjie getroef. Nog ‘n Engelsman, Harry Hall, het in die laaste ronde sewe onder […]
# Die leesveldtog Nal’ibali is vereer met die Geletterdheidsvereniging van Suid-Afrika se hoogste toekenning, die Betekenisvolle Bydrae tot Geletterdheidstoekenning. Die organisasie het die toekenning ontvang ter erkenning van sy volgehoue werk om geletterdheid deur lees en storievertelling te bevorder. Nal’ibali sê die toekenning erken kollektiewe pogings om ‘n leeskultuur te bevorder en toegang tot boeke […]
# Die GOOD-party vra Kapenaars om voor die sperdatum van 29 September kommentaar te lewer oor die voorgestelde verordening oor die aanhou van diere. Die stad stel ʼn nuwe permitstelsel voor met streng strawwe vir nie-nakoming, wat gelyk is aan dié vir hondegevegte. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die konsepverordening stel ook voor dat […]