# Die burgemeester van eThekwini, Cyril Xaba, sê die GO!Durban-busdiens sal in Desember in werking gestel word. Dit volg op ‘n ooreenkoms tussen die stad en die provinsiale en nasionale Departemente van Vervoer. Xaba sê die stad sal 22 busse aanskaf wat op die hoof GO!Durban-roete sal werk, terwyl toevoerroetes deur voertuigbedryf-ondernemings bedryf sal word:
# Die Beaufort-Wes-munisipaliteit in die Wes-Kaap sê dit bly onduidelik wanneer watervoorsiening ten volle herstel sal wees nadat kitsvloede verlede week die hoofpypleiding beskadig het. Watertenkwaens van naburige munisipaliteite help intussen inwoners wat geraak word, terwyl ‘n gesamentlike bedryfsentrum noodreaksie bestuur. Die waarnemende munisipale bestuurder, Frans Sabbat, sê die pypleiding is steeds onder water, wat […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se aansoek om ontslag ingevolge Artikel 174 van die Strafproseswet van die hand gewys. Sy staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en een van geldwassery. Mapisa-Nqakula het na bewering omkoopgeld van 4,5-miljoen-rand van die Weermagkontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu ontvang terwyl […]
# Die toonaangewende handelsliggaam Eurometal voorspel Europa kan teen einde vanjaar 300-duisend vervaardigingsposte verloor weens toenemende mededinging vanuit China. China se vervaardigingsuitvoere na die Europese Unie het die EU se handelstekort tot ‘n rekordvlak van 18,52-miljard-rand per dag laat styg. Eurometal se president, Alexander Julius, sê die probleem word vererger omdat Europese ondernemings hoë koolstofbelasting […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag is gereed vir die vuurwapensaak teen die TV-persoonlikheid Molemo Maarohanye, bekend as Jub Jub. Hy staan tereg op aanklagte wat verband hou met ‘n beweerde onderonsie met ‘n e-taxi-bestuurder op 14 Junie. Die NVG se woordvoerder, Magaboke Mohlatlole, het bevestig Maarohanye het vandag in die Germistonse Landdroshof in Gauteng voorgekom nadat […]
# Die vakbond GIWUSA vra die regering om dringend ‘n omvattende nasionale klimaatnoodvoorbereidingsplan te publiseer oor die uitwerking van die komende Super El Niño. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku Suid-Afrika sal na verwagting hierdie lente ‘n ondergemiddelde reënval en bogemiddelde temperature ervaar, namate ‘n sterk El Niño-verskynsel in die Stille Oseaan ontwikkel. GIWUSA se president Mametlwe […]